top of page

Wie is Ons

Core Values

​

Die nuwe dekade begin met ’n enorme groot uitdaging vir ons in die Weskus. Saam met hierdie uitdaging word ons as kerk uitgedaag om nuut te reageer. Ons ervaring oor die laaste twee jaar se voorbereiding is dat ons die volgende 10 jaar, soos die vorige 118, in diepe afhanklikheid van God sal moet leef.

ONS STORIE.
hero.jpg

Aanbidding begin en eindig by God. As gemeente bly dit ons fokus, om eer aan God te bring en Sy Naam alleen te verheerlik. Die ruimtes wat ons hiervoor inrig is spesifiek ons eredienste en omgeegroepe. Ons erediens sal al hoe meer ’n geïntegreerde aanbiddingstyl inneem, waar ons voortbou op ’n trotse gereformeerde tradisie. "Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap!" Ps 100:1

AANBIDDING

Dan-Bannister_Blacksmiths_005.jpg

Jesus skaaf vir drie jaar lank aan die geloofsformasie van 12 persone wat Hy dissipels noem. Aan hulle gee Hy die opdrag om die goeie nuus te bring aan alle mense, en Hy belowe aan hulle dat hulle nooit alleen sal wees nie. Ons glo dat dissipelskap ’n ruimte is waar lidmate geleentheid kry om Jesus se opdrag prakties te leef deur Heilige Gees se werking in hulle lewens. Ons rol is om mekaar hierin te lei. 

GAWES/ROEPING

photo-1442387645826-ef8b900a4472.jpg

Die rol van geloofsgewoontes in persoonlike groei is krities vir ons strewe om gehoorsame kinders van God te wees. Deur die gewoontes leer ons om geloof prakties te beoefen, sodat ons sensitief kan wees vir Heilige Gees se leiding in ons lewens. Die vraag is nie wat Jesus sou doen nie, maar wat Hy besig is om te doen. Geloofsgewoontes help ons om prakties te onderskei hoe God ons rig in woord en daad.

GELOOFSGROEI

photo-1530107973768-581951e62d34.jpg

God roep Sy kerk om ’n ligdraer te wees binne die wêreld. Ons is deur God in Vredenburg geplaas vir ’n rede. As gemeente streef ons daarna om praktiese hoop te bring binne ’n konteks van armoede, werkloosheid, geweld en ander praktiese maatskaplike en sosiale uitdagings. Ons bronne is beperk, en daarom draai ons na mekaar vir wysheid en ondersteuning. Alleen lyk die uitdagings onoorkombaar, maar saam kan ons ’n  helder lig wees.

UITREIK

getty_478495042_125345.jpg

Die wêreld leer ons om meer en meer na binne te leef. As geloofsfamilie leef ons teen hierdie leuen en glo ons dat ons nie sonder mekaar kan leef nie. Omgeegroepe is ruimtes waarbinne lidmate mekaar fisies en geestelik ondersteun, saam aanbid en bou aan verhoudings wat hoop vier in goeie en slegte tye. Saam met omgeegroepe is ons fokus op die erediens, kategese,  omgeewyke en feeste ook ruimtes van omgee. In Jesus word omgee ’n tweede natuur vir ons.

OMGEE

rsz_paykyb-8er8-ian-schneider.jpg

Ons is sensitief vir vol programme en die enorme tydsdruk van die moderne samelewing. Ons fokus daarom op die skep van ruimtes waar ons saam kan fees vier. Hierdie feeste is deel van ons verbintenis aan mekaar en die doel is om saam te kuier as kinders van God. Die feeste is gabaseer op die kerkjaar en draai rondom gebeure soos Kersfees, Paasfees, Pinkster en Koninkrykstyd. Kom kuier saam met ons!

FEESTE

ONS PERSONEEL.
PHOTO-2021-02-09-12-22-24.jpg
IMG_AD3AA35C32F6-1.jpeg
PHOTO-2021-02-09-12-12-40.jpg
Ds Thys du Toit
Ds Jurie van Zyl
Sussie Rolse

Tentmaker 

Algemene werker

​

PHOTO-2021-02-09-12-28-08.jpg
Suselna Theart

(tweede van regs agter)

Kommunikasie beampte

vredngk2@imaginet.co.za 

Andrè Theart

(Regs voor)

Faktotum

vredngk2@imaginet.co.za 

Lydia Botha

(Finansiële beampte

vredngk@imaginet.co.za)

 

bottom of page