top of page

Omgeegroepe

243899-1600x1064-youth-group-holding-bib

Omgeegroepe gaan nie oor ‘groepe’ nie; dit gaan oor ‘koinonia’ -  'n Woord in die Bybel waaronder verstaan word die sorgsame, onderlinge verhouding tussen lede van die geloofsgemeenskap. Wat dit anders maak as die ander, kleiner verbintenisse in die samelewing is die feit dat dit sentreer rondom Jesus Christus, die Begin en Voleinder van die geloof. Gelowiges is nie veronderstel om op hulle eie die reis saam met Jesus Christus voort te sit nie. Verskeie lidmate getuig van die impak van omgeegroepe in hulle verhouding met God, mekaar en ander. Dit is waarlik die ruimte waar diep, betekenisvolle verhoudings gebou word. Tydens omgee-groepe versterk ons mekaar geestelik en  emosioneel en staan mekaar veral by in moeilike tye. Ons bemoedig mekaar ook om betrokke te raak en ons gawes te ontdek en te gebruik. Omgeegroepe is waarlik die lewensaar van ons gemeente. Ons identifiseer leiers op so baie vlakke; mense wat na vore kom en sê: “Ek wil betrokke raak”. Dit is so belangrik dat ons die kritiese belang van omgeegroepe moet verstaan. Ons plan is eenvoudig - begelei lidmate op so ’n wyse tydens die erediens, sodat hulle deel van ’n kleiner geestelike familie wil word. Vanuit die verkleinde groep kan ons mense identifiseer en nader om deel te word van die volgende ruimte - die diensgroepe en spanne. KONTAK ASSEBLIEF  AS JY WIL INSKAKEL BY 'N GROEP

bottom of page